Toegepaste Wiskunde vorm saammet Rekenaarwetenskap en Wiskunde
die drie afdelings van die Departement van Wiskundige Wetenskappe in
die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch.
Toegepaste Wiskunde het ook sterk bande met Fakulteit Ingenieurswese.
Daar is tans 14 akademiese personeellede en ongeveer 30 nagraadse studente in die Afdeling Toegepaste Wiskunde. Ons is op die 2de, 3de en 4de vloere in die oostelike vleuel van die Algemene Ingenieursgebou (in Banghoekweg) gebaseer.
Huidige navorsingsaktiwiteite binne die afdeling kan breedweg in die volgende kategorieë opgedeel word:

- rekenaarvisie, patroonherkenning en masjienleer
- vloeidinamika en -modellering
- numeriese analise en wetenskaplike berekening
- toegepaste diskrete wiskunde
Nuus en gebeure
- 11 Mei 2012: publieke PhD verdediging: Sonia Woudberg
Die publiek word uitgenooi om die verdediging van PhD kandidaat Sonia Woudberg op 11 Mei 2012 by te woon. Verdere besonderhede kan onder aanbiedinge gevind word. - 16 Apr 2012: Toegepaste Wiskunde studente deel van internasionale kompetisie Twee spanne van Toegepaste Wiskunde derdejaarstudente het in Februarie vanjaar aan die internasionale MCM kompetisie deelgeneem. Lees hier meer.
- 29 Sep 2011: Toegepaste Wiskunde beloon beste studente Die beste voor- en nagraadse studente in Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch is onlangs vir hul akademiese prestasies beloon. Lees hier meer.