Kursusnaam: Numeriese Laboratorium Tweede semester 2006 Dosent: Prof D P Laurie, Van der Sterrgebou 2025, dpl@sun.ac.za Tyd en plek: Oop vir onderhandeling Kursusinhoud: Ons probeer antwoorde op die volgende vrae kry: 1. Hoe bereken ons getalle waarvoor daar nie 'n geslote analitiese formule is nie? 2. Hoe weet ons hoeveel syfers van ons antwoorde vertrou kan word? 3. Wat kan ons doen om die noukeurigheid van ons anwoorde te verbeter? Voorvereistes: 1. 'n Voorgraadse kursus in berekeningswiskunde, approksimasieteorie of numeriese analise, bv Wiskunde 354 of Toegepaste Wiskunde 324; of 'n eerste-semester honneurskursus oor so 'n onderwerp. 2. Bedrewenheid in een of meer van Matlab, Octave, Pari-GP, Maple, Mathematica, C++ of Fortran. 3. 'n Weetgierige geaardheid en 'n behae daarin om probleme op te los. Teenaanduidings: Studente wat daarvan hou om te weet dis die leerplan, dis die handboek, op hierdie datum doen ons dit, vir die eksamen leer jy dat, word aangeraai om 'n ander kursus te kies. Aanbiedingsmetode: Die kursus het nie 'n formele teoriekomponent nie. Probleme word uitgedeel aan die studente, wat een of meer weke (afhangend van die moeilikheidsgraad van die probleem) tyd kry om die probleme te doen. Studente moet hulle eie studiemateriaal in die biblioteek of op die internet vind. Daar word elke week 'n besprekingsessie gehou, waartydens die studente terugvoer gee oor hulle vordering met die probleme. So ver as moontlik moet die studente in 'n spanwerk-situasie by mekaar leer. Die dosent sal alleenlik ingryp in gevalle waar die studente ondanks ernstige pogings gefrustreerd begin raak. Hy sal dan, na gelang van die behoeftes wat dan opduik, wenke en verwysings gee, of kort lesings oor die nodige onderwerpe aanbied. Evaluering: Deurlopend.